Onregverdig as LIV-spelers nie aan ander majors kan deelneem nie

Die wêreld se nommer twee, Cameron Smith, sê dit sal onregverdig wees as LIV-gholfspelers nie toegelaat word om aan majors deel te neem nie. Die Australiër wat in Julie die Britse Ope gewen het, het Dinsdag by die Saoedi-ondersteunde reeks aangesluit. Spelers moet ranglyspunte kry om aan majors deel te neem, maar LIV-spelers kwalifiseer nie daarvoor nie. Smith, wat die naweek sy LIV-debuut in Boston maak, sê dis ‘n bietjie onregverdig dat 48 van die wêreld se beste spelers nie ranglyspunte vir die LIV-reeks kry nie.