Dis moeilik om veldbrand op Gamsberg te blus

Die veldbrand wat tans bo-op Gamsberg in die Khomas-Hochland wes van Windhoek woed, brand baie stadig. Marshal Ranger Sean Naude sê die vuur brand tot teen die berghange, maar die rotswande keer dat die vlamme spring. Hy sê die gebied met kranse en rotse is te onherbergsaam om die brand te slaan. Daar hang ‘n digte rookwolk om die berg aangesien daar al groen gras en bos teen die hange is.