Trump se aanmerkings oor Grondwet lok wyd kritiek uit

Die Withuis het oudpresident Donald Trump se aanmerkings gekritiseer, waarin hy vra vir die afskaffing van die Grondwet. In ‘n plasing die naweek op sy Truth-sosiale netwerk, het hy ook sy bewerings herhaal dat hy die 2020 presidensiële verkiesing gewen het, en gesê ongehoorde bedrog vereis ongehoorde genesing. Trump het in 2020 met meer as sewe-miljoen stemme teen Joe Biden verloor. ‘n Woordvoerder van die Withuis, Andrew Bates, sê die aanval op die Grondwet en alles waarvoor dit staan, vervloek die siel van die nasie en moet universeel veroordeel word.