Dis koud en nat op Noordoewer

Die eerste werklike koue van die winterseisoen het aangekom met ‘n yslike kouefront wat in die Kaap aangekom het. Dit is behoorlik bibberweer en die weerdiens sê die koue sal ook die sentrale noorde teen Donderdag bereik. Verskeie plekke het baie koue temperature vanoggend aangemeld met meer as -9 grade op Finkenstein oos van die hoofstad en -6 by Omeya, net suid van Windhoek. Maar hoe lyk dinge vandag in Noordoewer? Kosmos 94.1 Nuus het met Berto Mostert op die dorp gesels…