Dis Guterres en Putin

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, gaan na verwagting vandag in Moskou met die Russiese president, Vladimir Putin, vergader om oor vrede te beraadslaag in die oorlog met Oekraïne. Putin wil volgens berigte die vergadering gebruik om Rusland se siening oor die inval aan te bied wat hy as ‘n spesiale militêre operasie voorhou. Die sekretaris-generaal se woordvoerder, Eri Kaneko, sê Guterres sal Donderdag in Kiëf ook met Oekraïne se president Volodymyr Zelensky vergader: