Dis goed dat Zuma moet betaal

Benewens die terugbetaling van die regskostes wat die staat namens hom moes aangaan ná sy korrupsieverhoor, gaan die voormalige Suid-Afrikaanse president, Jacob Zuma, ook moet pa staan vir koste op ‘n bestraffende skaal, nadat hy die regters as bevooroordeeld bestempel het. Die Appèlhof het Zuma se appèl teen ‘n beslissing van die Gautengse Hooggeregshof in Pretoria verwerp, dat die staat nie vir sy regskoste in sy persoonlike hoedanigheid aanspreeklik is nie. Die DA het Zuma se appèl teengestaan en die partyleier, John Steenhuisen, sê hulle is tevrede met die uitkoms: