Dis Engeland en Pakistan in die T20-eindstryd

Krieket: Engeland het ‘n indrukwekkende vertoning gelewer om met gemak deur te dring na die eindstryd van die T20-Wêreldbekertoernooi in Australië. Indië is ingestuur om te kolf en is tot 168 vir ses beperk na vyftigtalle deur Virat Kohli en Hardik Pandiya. Dit was egter nie naastenby genoeg nie, want kaptein Jos Buttler en Alex Hales het Engeland met ‘n onoorwonne aanvangsvennootskap tot ‘n oorwinning gelei met 24 balle oor. Engeland speel Sondag teen Pakistan in die eindstryd in Melbourne. Hales is aangewys as speler van die wedstryd.