Chinese stad Guangzhou ingeperk weens Covid-19

Die stad Guangzhou in die suide van China het sy meer as vyf miljoen inwoners ingeperk om die uitbreking van Covid-19 te beperk en ten einde die soort harde inperking wat die hele Shanghai vroeër toegepas het, te vermy. Guangzhou het meer as 3 000 nuwe gevalle, wat meer as ‘n derde van die nuwe gevalle in China verteenwoordig. Die land ervaar tans die hoogste getal infeksies die afgelope ses maande. Skole in agt van die elf distrikte het hul onderrig van leerders na aanlyn geskuif.