Prostaatkanker kan hoof-oorsaak van kankersterftes in Namibië word

Tydens November herdenk die Kankervereniging van Namibië die Movember-November-veldtog om bewustheid onder mans oor hul gesondheid, geestesgesondheid en prostaatkanker te bevorder. Volgens die jongste kanker-statistieke in die land is daar groot kommer oor prostaatkanker. Met ‘n ouderdom gestandaardiseerde koers van 66,8 per 100 000 persone, sal prostaatkanker teen die einde van 2022 die hoof-oorsaak van kankersterftes in Namibië wees. Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die vereniging gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor veldtog.