Dis 6 jaar, en daar word steeds op Farm 37 gewag

Farm 37 is steeds nie gereed vir enige aansoeke deur inwoners van informele nedersettings op Walvisbaai nie. Tot op hede is net 800 huishoudings daar hervestig, tydens die hoogte van die pandemie om druk op nedersettings te verlig. Plaaslike media berig dat die gebied, 7 kilometer oos van Walvisbaai, tot 30 000 huishoudings kan huisves. Die gebied is reeds in 2016 geïdentifiseer. Intussen het die munisipalteit verlede jaar ‘n stuk van die grond aan die NDF verkoop vir die konstruksie van huise vir lede van die mag. Ongeveer 50 000 huishoudings op die kusdorp huur of woon in agterplase, in baie swak toestande. Die munisipaliteit sê die grond word steeds voorberei vir die lewering van basiese dienste.