Aanvalle op vragmotors in SA raak ons ook

Reaksie word ontvang op berigte uit Suid-Afrika dat die nood by verbruikers begin druk ween die aanvalle op vragmotors regoor die land. Die Padvragvereniging in Suid-Afrika het sy kommer uitgespreek oor die voortgesette gewelddadige aanvalle op logistieke voertuie. Harald Schmidt, sekretaris-generaal van die Namibiese Logistieke Vereniging, sê deurwinterde maatskappye het oplossings vir die aanvalle, ook vir vervoer na Namibië, maar dat dit pryse moontlik verder kan opstoot vir plaaslike verbruikers.