Stad Kaapstad se haalbaarheidstudies oor ontsouting vorder

Die Stad Kaapstad stel tans ‘n grootse nuwe waterstrategie bekend om beskikbare water met 300 miljoen liter per dag aan te vul uit alternatiewe bronne soos ontsouting. Die burgemeesterkomiteelid vir water en wanitasie, Xanthea Limberg, sê daarom ondersteun die raad die aanstelling van die Nasionale Tesourie se tegniese raadgewende sentrum vir die haalbaarheidsfase. Sy sê dit sal help om die beste manier te bepaal waarop die stad se eerste permanente ontsoutingsaanleg in 2028 gelewer kan word.