Klaers laat vaar klagte teen bekende sakeman

Kommissaris Ismael Basson, Khomas-polisie se streeksbevelvoerder, sê die klaers in die skietvoorval waarby die bekende sakeman Shapwa Kanyama betrokke was, het albei hul sake teen hom teruggetrek. Kanyama het die naweek glo met iemand in ‘n nagklub in Klein Windhoek baklei en hom met ‘n vuurwapen geslaan. Daarna het hy glo sy vuurwapen gespan en in die proses het ‘n skoot afgegaan en ‘n motorwag is getref. Adjudant-offisier Silas Shipandeni van Nampol, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig die klagte is teruggetrek. Hy sê Kanyama is nooit in hegtenis geneem nie, omdat daar nog uitstaande inligting is.

Shipandeni sê Kanyama staar steeds ‘n klag van die nalatige hantering van vuurwapens in ‘n munisipale gebied in die gesig.