Proteas het opdraende in T20-beker

Met die Super 12-groepe vir die T20 Wêreldbeker-toernooi nou bevestig, staar die Proteas ‘n opdraende stryd in die gesig om ‘n titel te verower wat hulle nog nooit kon impalm nie. Die spanne van Bangladesh en Sri Lanka is nou saam met Engeland, Australië, Suid-Afrika en die Wes-Indiërs in Groep 1 van die Super 12’s. Dié groep kan waarskynlik as die maak of breek-groep beskou word. Die Proteas speel vandag in hul eerste wedstryd wanneer hulle Australië in die Zayed-krieketstadion in Abu Dhabi aandurf.