Digitale bemarking vir toerisme is beste

Kenners in die toerisme bedryf meen dat dit van kritiese belang is dat Namibië nou internasionaal bemark word en ook dat inwoners van die land en die streek, plaaslike toerisme ondersteun. Om die poging te bevorder is die Namibia Wildlife Resorts toepassing weer aangepas om dit maklik te maak vir gebruikers hier en elders om onmiddellik en direk uit te vind wat beskikbaar is en wat nie. Die gebruik van toepassings word as belangrik bestempel om direk met kliënte in verbinding te tree. Mufaro Nesongano, Skakelbeampte van die NWR…