AstraZeneca entstof word uitgerol

Uitdagings met die vervaardiging van die AstraZeneca Covid-entstof buite Indië is opgelos en die Covax-fasiliteit behoort teen einde Mei 65 miljoen dosisse te ontvang. Die VN se Kinder-agentskap Unicef het die aankondiging gemaak. Ongeveer 80 lande sal besendings ontvang. Unicef sê verder dat 50 miljoen dosisse sal in Mei deur die Serum-instituut in Indië vervaardig word, ook vir uitvoere.