Digital Vibes – gesondheidsdepartement moet opgeknap word

Die Digital Vibes-skandaal in die buurland is steeds in die nuus. Die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, sê dit is tyd dat die Departement van Gesondheid opgeknap word met die sinvolle implementering van leefstyloudits en sterker optrede deur die Batebeslagleggingseenheid. Dit volg na die bekendmaking van die Spesiale Ondersoekeenheid se verslag oor Digital Vibes, wat aanbeveel het dat die departement se adjunk-direkteur-generaal, Anban Pillay, strafregtelik vervolg moet word. ‘n Woordvoerder van Outa, Stefanie Fick, sê die verdoemende verslag laat nie net vrae ontstaan oor die departement se amptenare nie, maar ook oor etiese leierskap in die kabinet: