Militêre staatsgreep in Soedan

Abdalla Hamdok, Soedan se eerste minister, is vandag deur ‘n groep soldate aangekeer en na ‘n onbekende plek geneem toe hy nie ‘n verklaring ten gunste van ‘n staatsgreep wou onderteken nie. Soedan se inligtingsministerie het aanvanklik gesê die eerste minister onder huisarres. Verskeie kabinetslede word ook deur ‘n militêre groep aangehou. Die Khartoum Internasionale Lughawe is deur militêre magte afgebaken en internetdienste is onderbreek. Die Kommunistiese Party het gesê dit was ‘n volle militêre staatsgreep. Soedan het verlede maand ‘n onsuksesvolle militêre staatsgreep gehad.