Dieremis verkoop nou al voor dit op die grond val

Die vraag na dieremis het die afgelope paar weke die hoogte ingeskiet met boere wat alternatiewe soek voordat die Amerikaanse lente-plantseisoen begin. Internasionale nuusagentskappe berig die hernude belangstelling is so groot, sekere veeboere maak nou geld uit die verkoop van mis, in plaas daarvan om te betaal dat dit verwyder word. Sommige veeboere se toekomstige mis is selfs uitverkoop tot die einde van vanjaar. Rusland se inval in die Oekraïne strem die misstof-voorraad en het gelei tot ‘n dramatiese styging in pryse.