Kyk na die bekroonde Into the Okavango, gratis

Die bekroonde National Geographic-dokumentêre rolprent, Into the Okavango, is tot middel-April gratis aan Suid-Afrikaners beskikbaar. Die rolprent, wat oor drie jaar vervaardig is, wys ‘n verkenningspan onder leiding van die nou legendariese Water Setlabosha en Gobonamang Kgetho. Hulle deel hul wedervaringe tydens hul ekspedisie om die Okavango-rivierkom te red wat die Okavango-delta in Botswana voer. Die rivierstelsel, wat ‘n noodsaaklike waterbron vir sowat ‘n miljoen mense, Afrika-olifante, leeus, luiperds, en honderde voëlspesies is, word deur menslike aktiwiteite bedreig. Die rolprent is op YouTube beskikbaar.