Dieregesondheidsverklarings moet ingehandig word

Die Namibiese Landbou-unie maan veeboere dat dieregesondheids-verklarings teen 31 Januarie ingedien moet wees. Die unie moedig produsente aan om hul verklarings aanlyn via die NamLITS-stelsel in te dien. Verklarings-vorms kan van die Vleisraad van Namibië se webwerf afgelaai word en is ook by staatsveeartseny-kantore beskikbaar. Die amptelike verklaring moet elke ses maande deur alle veeboere ingevul moet word.  Dit is verpligtend dat die verklarings binne 30 dae ná die einde van elke verslag-periode ingedien moet word.