Eskom aanvaar Nersa se kragtariewe  

Eskom verwelkom die besluit wat die Nasionale Energie-reguleerder, Nersa, van Suid-Afrika geneem het rakende die 2024/2025-boekjaar se inkomste-bepalings. Eskom se algemene bestuurder vir regulering, Hasha Tlhotlhalemaje, sê die krag-voorsiener erken die druk wat op verbruikers geplaas sal word. Sy sê sodra Nersa ‘n besluit oor die herstrukturering van tariewe neem, sal dit verseker Eskom kan die tarief-aanpassings vanaf 1 April op sy kliënte toepas.