VSA se daling in verbruikers-inflasie goeie nuus vir Namibië

‘n Namibiese ekonoom het sy reaksie gegee op verbruikers-inflasie wat in Amerika in Desember tot die laagste vlak in langer as ‘n jaar gedaal het. Amerikaanse huishoudings sukkel reeds vir ‘n jaar met die hoogste inflasie in dekades en die Federale Reserweraad het sy maatstaf-uitleenkoers verhoog teen ‘n pas wat sedert die 1980’s ongehoord was, in die hoop om die wêreld se grootste ekonomie te versag. Die afwaartse neiging is die sesde opeenvolgende maand van versagting, en skep die hoop dat ‘n mate van verligting tog gebring sal word. Die verbruikersprysindeks het verlede maand met 6,5 persent gestyg teenoor ‘n jaar gelede, die minste sedert Oktober 2021.  Arney Tjaronda, aandele-navorser van High Economic Intelligence sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe dit Namibië raak.