Charles se eiergooier is skuldig bevind…

Soveel dae, soveel dinge… ‘n mens sou dink dat met die uitdagings wat Britte op die oomblik in die gesig staar, en weliswaar, inwoners van lande regoor die wêreld, dat maar meer is om oor bekommerd te wees. Die Britse polisie in Bedfordshire sê ‘n 28-jarige man is aangekla van ‘n openbare orde-oortreding nadat hy na bewering Dinsdag ‘n eier na koning Charles gegooi het in die Luton-sentrum. Sekerheidspersoneel het Charles tydelik weggeneem van skares voor die stadsaal, maar hy het in ‘n ander gebied met die publiek geskakel. Die man sal die negende van volgende maand in die hof verskyn. Nog ‘n man is verlede maand aangekeer omdat hy ook ‘n eier na die koning gegooi het, dié keer in York.