Vier Swapo-grotes tree in November af

Plaaslike media berig dat vier senior regeringsamptenare sal aftree. Volgens die berigte sal die speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, wat 81 jaar oud en sedert 2015 as speaker dien, aan die einde van die jaar sal aftree. Landbouminister Calle Schlettwein, 68 jaar oud, tree ook uit. Hy is sedert 2020 by die landbouministerie. Die geslagsminister, Doreen Sioka tree ook af. Sioka gaan gereeld gebuk onder kritiek met talle wat van mening is dat sy ondoeltreffend in haar pos is. Dr. Albert Kawana, die huidige minister van binnelande sake, 66 jaar oud, tree ook uit. Die party se politburo is reeds ingelig. Die vier sal hulself dan nie verkiesbaar by die November-kongres stel nie.