Die Samaritane van Oniipa

Die Kwafela Oshiwana Foundation, oftewel die Help the Nation Foundation, versprei voedsel en klere by die Oniipa-streeksraad, asook by die Ondangwa-dorpsraad aan honger mense van die gemeenskappe. Die stigting is verlede jaar tydens die eerste vlaag van die Covid-pandemie gestig om voedsel aan gemeenskappe in die Erongo-streek te skenk wat toe ‘n erge impak van die pandemie gehad het. Die stigting se voorsitter, Ben Mulongeni het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle help oral waar hulle kan en enige een in nood.