Zambiese oorwinning ‘n belangrike boodskap vir vryheidsbewegings

Die oorwinning van Hakainde Hichilema in die onlangse Zambiese verkiesings is steeds in die nuus. Hichilema is deel van die opposisie met sy United Party for National Development. Talle kommentators meen daar is ‘n belangrike boodskap vir vryheidsbewegings op die vasteland, soos Swapo, wat nog in beheer is. Kenners sê Edgar Lungu het verloor as gevolg van die swak ekonomiese prestasie in Zambië. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê dit gebeur reeds plaaslik.