Ramaphosa vra hulp van G7-lande om Covid-19 pandemie te beveg

Brittanje en Duitsland is by die G7-beraad in Engeland onder druk geplaas om hulle patente vir Covid-19 enstowwe te deel ten einde lewens in die armer lande te help red. Dit sal vervaardingskoste verlaag en inentings in ontwikkelende lande versnel. Dit kom te midde van die Wêreldgesondheidsorganisasie wat bekendgemaak het dat byna 90% van Afrika-lande nie hulle teiken om 10% van hulle bevolking teen September vanjaar teen Covid-19 in te ent sal bereik nie. President Cyril Ramaphosa van Suid-Afrika wat die G7-beraad bywoon het ‘n beroep op G7-lande gedoen om Afrika te help om die pandemie te beveg. Dr Bruce Aylward van die WGO oor Ramaphosa se oproep.