Die hele teël-mosaïekvloer in Pakistan ontbloot

‘n Teël-mosaïekvloer wat voëls en ander diere uitbeeld is onder ‘n veld in Gaza in Palestina gevind. Dit is so goed bewaar dat dit lyk asof dit gister begrawe kon gewees het. Die GoodNewsNetwork berig ‘n olyfboer, Salman al-Nabahin, het nuwe bome geplant en sommige van hulle wou nie wortel skiet nie. Hy het ondersoek ingestel deur in die grond te grawe en dit het gelei tot die ontdekking. Die vloer dateer vermoedelik uit die Bisantynse era. Die Palestynse ministerie van Toerisme en Oudhede sê die argeologiese vonds is nog in ‘n vroeë stadium.