Die Hardap-streek bo-aan die lys van ingeënte mense

Volgens statistieke van die Namibiese gesondheidsministerie is die Hardap-streek bo-aan die lys van ingeënte mense en die Zambezi-streek onderaan. Dertig persent van Hardap-inwoners is al ingeënt met slegs vyf persent inwoners van die Zambezi-streek wat hul inentings ontvang het. Die Kavango-Oos-streek is tweede laaste op die lys met slegs 5,7 persent wat ingeënt is. Die Erongo-streek het vroeër sy doelwitte gestel vir inentings teen Covid-19 en die goewerneur Neville Andre vertel aan Kosmos 94.1 Nuus hoe hulle vorder.