90 ratelslange in huis gekry

‘n Amerikaanse slang-redder het meer as 90 ratelslange onder die huis van ‘n vrou in Santa Rosa, Noord-Kalifornië, verwyder. Tot soveel as 22 volwasse ratelslange en 59 baba-slange is eers onder die huis uitgehaal. Al Wolf het vir ‘n tweede en derde keer na die huis teruggekeer en nog elf slange uitgehaal. Hy het ook op ‘n dooie kat en ‘n dooie buidelrot afgekom. Al die slange is van die Noordelike Stille-oseaan-spesie wat die enigste giftige slange in Noord-Kalifornië is. Wolf is die direkteur van die Sonoma-distrik se reptielreddings-organisasie.