Die EU gaan ly onder sy sanksies, geleentheid vir Afrika

Rusland het weer turbine-probleme voorgehou vir verminderde gasvoorsiening aan die Europese Unie. Duitsland het veral uitdagings omdat hy baie afhanklik is van Russiese gas en maatreëls is reeds daargestel om te verseker dat daar genoeg bronne is wanneer die winter kom. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt sê die EU gaan ly onder die sanksies wat hy teen Rusland ingestel het.

Hy meen daar is geleenthede vir Afrika om Europa by te staan maar dit sal ook ‘n tyd neem om te realiseer.