Eerste vrag graan vertrek vanaf Odesa

Die eerste vaartuig met graan het vanoggend die Oekraïnse hawe van Odesa na Libanon verlaat ingevolge ‘n veilige deurgang-ooreenkoms. Die Razoni het 26 000 ton aanboord. Dit is die eerste vertrek sedert die oorlog in Februarie begin het.  Oekraïnse owerhede sê dit is ‘n dag van verligting vir die wêreld, veral vir lande wat bedreig word deur voedseltekorte en honger as gevolg van ontwrigting in verskepings.