Dinge lyk goed vir die Proteas vir die T20

Die T20 Wêreldbekertoernooi begin in Oktober in Australië en dit lyk asof Suid-Afrika ‘n sterk mededinger kan wees. Dit volg nadat die span in Southampton die derde en laaste wedstryd teen Engeland met 90 lopies gewen en die T20-reeks met twee-een beklink het. Dit is die Proteas se eerste witbalreeks-sege in Engeland sedert 1998. Hul volgende taak is ‘n T20-reeks van twee wedstryde teen Ierland, wat Woensdag begin. Die instaan-kaptein, David Miller, is baie tevrede met die span se terugvegpoging nadat hul die openingswedstryd verloor het: