Die Covid-19 positiewe koers nou 4,9%

Die Namibiese gesondheidsministerie het 80 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig en bekendgemaak dat die positiewe koers tans 4,9% is en die herstelkoers is 96%. Okongo het 11 nuwe gevalle,Opuwo 9,Onandjokwe 8, Luderitz 7 en Eenhana en Tsandi 5 elk.Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 1 190 aktiewe gevalle,met 122 040 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal 126 708. 241 308 Mense het reeds een dosis entstof ontvang, terwyl 153 095 ten volle ingeënt is.