Dr Geingob gaan die 76ste sitting van die Algemene Vergadering van die VN bywoon

President Hage Geingob gaan die 76ste sitting van die Algemene Vergadering van die VN in New York bywoon wat Dinsdag begin en tot die 30 ste duur. Wydlopende aspekte soos onder andere die internasionale herstelproses in die lig van die Covid-19 pandemie, die behoeftes van die planeet met betrekking tot klimaatsverandering en menseregte is op die agenda van vanjaar se sitting. Dr Geingob word vergesel deur mev Monica Geingos en hulle sal na verwagting teen die einde van maand terugkeer Windhoek toe.