Die Capricorn-stigting doen skenking aan Christ’s Hope International Namibia

Die Capricorn-stigting het 246 000 Namibiese dollar aan Christ’s Hope International Namibia, geskenk wat na sowat 400 wees- en weerlose kinders omsien wat deur MIV/vigs en armoede geraak word. Christ’s Hope voorsien volhoubare ondersteuning aan tien sorgpunte in vier dorpe regoor Namibië om die kinders van die siklus van Vigs en armoede te bevry. Die skenking sluit skooluniforms, skryfbehoeftes en higiënepakkies in. Grace Luvindao van die Capricorn-groep het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die nood is hoog met al hoe meer kinders wat weens die Covid-pandemie wees gelaat word.