Soweto oorstroom, 344 gesinne geraak

Die Stad Johannesburg sê 344 gesinne in Soweto is deur oorstromings geraak na die naweek se swaar reën. Die burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings, Mlungisi Mabaso, het die betrokke gebiede vandag besoek. Hy sê die rampbestuurspan is ontplooi om gesinne by te staan, waarvan sommige reeds hervestig is.