DHL staak aflewerings in Rusland

Die Duitse logistieke reus, DHL, sê hy staak aflewerings na Rusland en Belarus en sluit aan by die groeiende lys Westerse sakeondernemings wat bedrywighede in dié lande opgeskort het ná Rusland se inval in Oekraïne. Die groep is een van die grootste logistieke ondernemings ter wêreld en het sy kantore gesluit en bedrywighede in Oekraïne tot verdere kennisgewing opgeskort, ten einde die veiligheid van sy werknemers te verseker. Dit volg ná verskeie lugrederye ook hul vlugte ná Rusland gekanselleer het en dit het ook ‘n impak op vragvervoer. Dr. Guy Leitch, redakteur van die SA Flyer Magazine, verduidelik die impak van lugrederye se kansellasies op passasiers, asook op vragvoer.