Deurry-stasie vir Covid-inenting môre oop by Windhoekse skougronde

‘n Deurry-stasie vir Covid-inentings by die Windhoekse skougronde begin môre en sal Dinsdae tot Sondae vanaf tien-uur soggens tot ses-uur saans oop wees. Mense kan ook net instap en sal in ‘n ander ry as mense wat in hul voertuie van die deurry-stasie wil gebruik maak. Dinsdag sal met Sinopharm-entstowwe afgeskop word en ander entstowwe soos AstraZeneca sal bygevoeg word sodra dit deur die Namibiese gesondheidsministerie beskikbaar gestel word. Dit is ‘n inisiatief van Gondwana Collection Namibia, die Gondwana Care Trust, FNB Namibia, Vaccines for Hope en word deur verskeie private maatskappye onder die vaandel van die gesondheisministerie ondersteun. Jescey Visagie van Gondwana gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Visagie sê die doelwit is dat Namibië kudde-immuniteit bereik en daardeur die toerisme-sektor weer laat herleef.