Namibiese onderwysministerie bekommerd oor weeskinders weens Covid

Die Namibiese adjunk-onderwyserminister Faustina Caley is bekommerd oor die sielkundige uitwerking van talle leerders wat weens die Covid-sterftes van ouers weeskinders word. Sy sê talle van hierdie weeskinders gaan nie terugkom skool toe nie en ander gaan sielkundige berading nodig hê. Sy sê kinders gaan ook terugkeer skool toe en geskok wees oor die sterftes van hul onderwysers en skoolmaats. Die adjunkminister het gesê die regering oorweeg dit sterk om sielkundiges en maatskaplike werkers se hulp in te roep.