Deurry-inentings aan die kus lyk so

Gondwana Collection Namibia se deurry- en instap-inentingstasies op Walvisbaai het afgeskop, maar min mense het opgedaag om ingeënt te word. Die burgemeester van Walvisbaai, Trevino Forbes, was een van die kusbewoners wat ingeënt is. Gondwana se handelsmerkbestuurder, Jescey Visage, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die inentingstasie op Walvisbaai sal nog tot 27 Augustus oop wees, waarna dit na Swakopmund sal skuif.