VN belê in landbou in Angola… goewerneur sê oor vlugtelinge

Die VN se internasionale fonds vir landbou-ontwikkeling het 150 miljoen Amerikaanse dollar beskikbaar gestel om familieboerdery in Angola ‘n hupstoot te gee. Meer as 200 000 huishoudings sal hierby baat en volgens berigte, word die program ook uitgerol in die droogtegeteisterde Suide van die land. Meeste van die boere in die gebied het na Namibië gevlug en sê hulle sterf van die honger en het bystand nodig. Die goewerneur van die Omusati-streek Erginus Endjala sê die vlugtelinge moet dringend ingelig word.

Endjala ek ook bevestig dat die situasie op grondvlak in verband met die vlugtelinge onveranderd is.