Desember lyk belowend vir die kus se ekonomie

Desembermaand is om die draai en daar word van plaaslike en internasionale vakansiegangers verwag om hul vakansieplanne na verskillende bestemmings van Namibië te maak, veral na die kus. Normaalweg, wanneer ‘n mens beplan om by die kus vakansie te hou, moes besprekings vroegtydig gedoen word, maar dit was in die goeie ou dae voor die Covid-pandemie. Oliver Ahrens van Bestemming Swakopmund, sê Swakopmund is vanjaar gereed vir vakansiegangers.