Derde van vier verdagtes vas van gewapende rooftog op Okalongo

Die polisie in die Omusati-streek het die derde van vier verdagtes in verband met ‘n gewapende rooftog by Pep Store op Okalongo in die Omusati-streek vasgetrek. Die 55-jarige sekuriteitswag Henok Edward is tydens die voorval doodgeskiet is. Twee verdagtes is vroeër met van die gesteelde kontant by die naburige nedersetting van Okando vasgetrek. Die derde een is onder ‘n boom in die Onandjaba-gebied naby Outapi gevind met meer as 59 000 Namibiese dollar kontant en ‘n pistool. Die polisie doen ‘n beroep op die publiek om te help met inligting vir die inhegtenisname van die vierde verdagte.