Donald Trump stig TRUTH Social

Amerika se oudpresident, Donald Trump, gaan volgende maand aan genooide gaste ‘n nuwe sosialemedia-netwerk, TRUTH Social, bekend stel. Die netwerk sal binne die eerste drie maande van 2022 landwyd beskikbaar word. Die Trump Media- en Tegnologie-groep sê dit sal teenkanting bied teen wat hy noem die tirannie van groot tegnologie-maatskappye. Trump is van Facebook geskors en op Twitter verbied nadat sy ondersteuners in Januarie die Kongresgebou bestorm het. ‘n Blog wat hy begin het, From the Desk of Donald J Trump, is binne ‘n maand gesluit nadat dit min aandag getrek het.