Derde herdenking van die Capitol-opstand

Dit is vandag die derde herdenking van die 6 Januarie opstand in Washington by die Capitol waarvoor oudpresident Donald Trump geblameer word. Die Amerikaanse hooggeregshof het intussen ingestem om Trump se appèl teen Colorado se besluit om hom van die stembrief in die deelstaat te verwyder, aan te hoor. President Joe Biden het ook die geleentheid aangegryp tydens ‘n toespraak in Pennsylvanië waar hy nie doekies omgedraai het nie.