Afcon bied reuse-prysgeld aan

Die wenner van die Afrikabekertoernooi in die Ivoorkus sal beloon word met ‘n yslike 131 miljoen Namibiese dollar. Dit is ‘n verhoging van 40 persent sedert die vorige toernooi. Die vasteland se beheerliggaam, die Konfederasie van Afrikasokker, het aangekondig die naaswenners sal 75 miljoen dollar kry. Die spanne in die halfeindronde kry elk 47 miljoen dollar en dié in die kwarteindronde 24,4 miljoen dollar. Die president van die liggaam, Patrice Motsepe, glo ‘n deel van die prysgeld sal bydra tot die ontwikkeling van die spel. Die toernooi word van volgende Saterdag tot 11 Februarie gespeel.