Aanvalshonde, lemmetjiesdraad, gewapende wagte vir Oscar

Oscar Pistorius se nuwe woonplek in Pretoria is glo in ‘n vesting omskep om sy veiligheid te verseker. Die voormalige Paralimpiese kampioen is Vrydag na sy oom Arnold se luukse huis in Waterkloof geneem nadat hy op parool vrygelaat is. Britse media berig die herehuis het 24 vertrekke en die waarde word beraam op 47 miljoen Namibiese dollar. Arnold Pistorius het blykbaar gewapende wagte met aanvalshonde gehuur en lemmetjiesdraad en elektriese heinings aangebring. Oscar se kothuis op die erf het paniekknoppies, ‘n hekhuis voor en gewapende sekuriteit.