Denosa ondersteun Cosatu se Nasionale Dag van AksieJuly 6, 2023

Die verplegings-organisasie in die buurland, Denosa, ondersteun vandag ten volle Cosatu se Nasionale Dag van Aksie oor maatskaplik-ekonomiese kwessies. Volgens die organisasie sleep die regering sy voete oor kwessies soos die nie-implementering van kollektiewe ooreenkomste, besnoeiing van begrotings, korrupsie, en onderbreking van dienste. Die woordvoerder van Denosa, Sibongiseni Delihlazo, sê korrupsie en verwaarloosde instandhouding vererger die krisis met water en elektrisiteit.